Die bedryf is in 2005 gestig deur W.Kruidenier.
Die embleem is in Boskoop, Nederland, ontwerp deur Hans van Eck  "www.vaneckdesign.nl
" en simboliseer die volgende :

Kroon: Ons tuine staan in alle opsigte uit bo dié van ons oposisie. Die kroon kom uit die wapen van die kwekersdorp Boskoop, in Holland, waar baie inspirasie, kennis en bystand vandaan gekom het tydens die vormingsdae en steeds.

Lourier krans: Dis vir ons belangrik om kwaliteit eerste te plaas, bokant gemak. Afskeepwerk word nie geduld nie.

Koning Protea: Suid-Afrikaanse trots op ons handewerk

    

Personeel

Wouter Kruidenier het Tuinboukunde aan die Universiteit van Tegnologie in Pretoria gestudeer, `n jaar lank in Nederland sy prakties gaan doen en 2.4 jaar in Londen tuinonderhoudskennis opgedoen. Deur steeds na Europa te reis (veral die droër Suide van Frankryk en Nederland) word nuwe idees en kennis ingevoer na ons tuine in SA.

Juanita Berry (het sielkunde en bemarking gestudeer) is ons Operasionele bestuurder. Sy sorg dat dag-tot-dag aktiwiteite glad verloop. U sal haar die meeste sien. Pasop, haar entosiasme is aansteeklik! Haar passie vir mooi tuine en hartelike manier om met personeel om te gaan maak die hele konstruksieproses `n goeie ervaring.

Corinne Erasmus (Grafiese Ontwerper) is ons talentvolle kunstenaar aan boord. U sal met haar te doen kry tydens die ontwerpfase van u tuin. Besigtig haar skilderye by ‘The Happy Struggling Artist’ op Facebook en op haar webtuiste om te sien hoe diep haar talent lê en hoeveel detail vir haar saakmaak.

Ons Personeel in die tuine wat fisies daad by die ontwerp voeg is hardwerkende aangename mense wat hul energie opoffer om ons ontwerpe tot lewe te bring en daarmee u lewensstandaard te verhoog tot `n nuwe vlak.

Ons span: Juanita Berry, Wouter Kruidenier & Corinne Erasmus