Dis klein plesiertjies wat dikwels die hoogtepunt van jou dag kan wees. Wat is nou lekkerder om te sien as wanneer die natuur hom tuismaak in jou mensgemaakte tuin?! Ons plant graag plante wat nektar aan Suikerbekkies, stuifmeel aan bye/vlinders en bessies/sade vir ander inheemse voëls gee. Ons natuurlike fonteine (vry van chloor) bied aan paddas en naaldekokers `n vesting. Noem dit aan ons as u ernstig is daaroor om die natuur te lok, dan maak ons seker die nodige plante is wel op u plantlys.