Die meeste mense maak die fout om hul tuin stuk-vir-stuk aan te pak op Saterdae of in vakansies sonder om vooraf te beplan hoe alles op die erf bymekaar gaan inpas en dat dit in harmonie met die huis is. Dit kan duisende Rande mors weens onkunde! Kry liewer hulp en laat jou tuin beplan van hoek tot kant.
Ons doen `n volle ontwerp van die erwe wat ons transformeer. Die kliënt besluit dan of dit alles op een slag of in fases uitgevoer gaan word. Ten minste weet hul dan waarheen hul oppad is en kan uitsien na `n volledige tuin oor `n paar jaar se geduld. Rome is nie in `n dag gebou nie. Besluit watter dele vd erf die belangrikste is, lys u gesin se behoeftes en maak `n konsultasie-afspraak. Kry die bal aan die rol voordat nog `n jaar verby is. `n Mooi tuin kan vorm in slegs 3 jaar en `n boom kan sy doel dien in slegs 6.