Ons gaan te werk op die volgende manier :

1.     U maak `n afspraak om gesien te word deur Wouter Kruidenier (afhangend van die tyd vd jaar kan dit tussen 1 en 3 maande duur).

2.     Hy besoek nuwe kliënte op Saterdae soggens en bespreek u behoeftes, bekyk die erf (maksimaal `n uur lank) en neem dan die nodige foto`s vd huis en tuin/erf.

3.     `n Konsultasiefooi van R450 is betaalbaar voordat ons verder gaan.

4.     Corinne Erasmus maak `n afspraak met u om u tuin te gaan opmeet (Dinsdae of Donderdae)

5.     Corinne teken die erf (huis en grenslyne) op skaal waarna sy en Wouter koppe bymekaar sit oor watter tuinuitleg die beste sal werk vir u huis en behoeftes.

6.     Wanneer u ontwerp klaar is word u genooi na ons skoutuin vir voorlegging

7.     Indien u veranderinge verlang word dit aangebring of ons gaan oor na kwotering indien u tevrede is

8.     Uitvoering van die ontwerp kan tussen 1 en 4 maande duur afhangend van hoe besig ons op daardie oomblik is en hoe groot u projek gaan wees. Uitvoering kan ook uitgestel word na `n tyd wat u die beste pas in die toekoms of u kan die ontwerp op eie stoom uitvoer. Ontwerpkoste is per m2 bewerkbare oppervlak (dus bestaande swembad en oprit uitgesluit) volgens `n glyskaal wat aan u gestuur kan word op versoek.    

image1

Onderhoud

Maak seker jou tuin boer nie agteruit nie.

View more
image2

Tydsduur

Hoe lank neem dit voor my tuin mooi is?

View more
image3

Besproeiing

Installasies slegs vir tuine deur ons uitgelê.

View more
image4

Waterbehoeftes

Beperk jou waterverbruik deur reg tuin te maak.

View more
image5

Bouwerk

Al ons bouwerk word deur ons of de Smit Strukture gedoen

View more
image6

Beplanting

Uitnemende insig met die kies van plante.

View more
image7

Voëls & vlinders

Ons keuse van plante lok die natuur na jou voorstoep!

View more
image8

Pergolas

Opgerig en ontwerp deur de Smit Eksklusiewe Strukture.

View more
image9

Metaalwerk

Ontwerp en vervaardig deur de Smit Strukture.

View more

Fonteine

Die hartklop van `n droomtuin.

View more

Grasperke

Die maak of breek van jou tuin!

View more
Lig

Tuinbeligting

Sò kan die plesier wat jou tuin oplewer na sononder voortduur.

View more