Ons gebruik graag plante van alle uithoeke van die aarde, nie slegs Suid-Afrikaanse plante nie. Daar is immers baie ander lande met `n soortgelyke droë klimaat met pragtige plante wat ook in SA beskikbaar is en goed vaar. Buiten vir hul blomme en blare kies ons plante volgens hul waterbehoefte, kwesbaarheid vir peste, onderhoudsfaktor en lewensduur. Baie mense wil graag inheems plant maar dit het wel sy probleme. Inheemse plante groei in die meeste gevalle baie snel en moet vervang word na 3 groeiseisoene anders is dit stokkerig en blom al hoe minder (Salvia spesies, Euryops, Leonotis..)
