Dis baie belangrik dat struike korrek en gereeld geknip word, veral in die vormingsjaren van die plant totdat kompaksie bereik is. Gereelde snoei/knip verseker ook optimale blommedrag en `n sterk plant wat die Kaapse winde kan deurstaan.
Ons onderhou graag ons projekte op versoek van kliënte om te verseker dat dit so gou moontlik volwassenheid bereik (knip en snoeiwerk moedig kompakte groei aan). Ons onderhou helaas nie tuine wat ons nie geïnstalleer het nie. (Ons onderhoudswerk sluit onkruid uittrek en grassny uit)