Ons verskaf die volgende dienste as deel van projekte :
1. Ontwerp van die hele tuin wat die plasing vd swembad en oprit insluit. Ons spesialiseer in die ontwerp en konstruksie van nuwe tuine of die verbetering van bestaande tuine.
2. Bouwerk vd nodige strukture (Keermure, trappe, paadjies, patio`s, fonteine, fokuspuntvoetstukke, randstene..)
3. Intensiewe grond bewerking om u grond te verbeter
4. Installering van dreinering om plekke wat nie goed dreineer nie op te los of te verhoed dat `n dreineringsprobleem ontstaan in `n nuwe tuin.
5. Installering van besproeiing of die aanpassing vd bestaande besproeiing om die nuwe tuinuitleg te pas
6. Beplanting volgens die mikroklimaat van elke bedding
7. Oprigting van pergolas dmv de Smit Eksklusiewe Strukture of Llewellyn Williams
8. Ons bied graag die opsie van onderhoud aan voltooide projekte om te verseker dat die ontwerp tot volle lewe kom, die tuin so gou moontlik volwassenheid bereik (knip- en snoeiwerk moedig kompakte groei aan) en die tuin nie agteruit gaan nie. Dit behels hoofsaaklik snoeiwerk, identifisering van probleme en vervanging van gestorwe/troeteldier-vernielde plante. `n Tuin verander jaarliks soos die plante groei, skaduwees vergroot en nuwe behoeftes ontstaan, dus is dit belangrik om daarmee tred te hou. Dit is vir ons belangrik dat afgehandelde projekte voortdurend in `n goeie toestand bly aangesien dit `n blywende advertensie is. Ons onderhou helaas nie tuine wat ons nie geinstalleer het nie. (Onderhoud sluit onkruid-uittrek en grassny uit)
9. Na-verkoop-diens : U kan gerus op ons knoppie druk as daar iets in die tuin gebeur het waarmee u hulp benodig. Na afloop van `n projek gee ons riglyne van onderhoud as u dit self wil onderhou. Wouter is net `n epos ver om te vra as u iets wil uitvind
10. `n Weeklikse/tweeweeklikse tuinman kan vir u gereël word om gras te sny en onkruid uit te trek. Indien u verlang dat Wouter Kruidenier of Juanita Berry elke nou en dan inloer en hom touwys maak sal dit die onderhoudskoste van die tuin verlaag deur die tuinman met die nodige kennis toe te rus, van toepassing op die betrokke plante en uitleg van u tuin. Wouter/Juanita sal dan ook die nodige produkte aflewer tydens sulke besoeke (slaklokaas, insekdoder, kunsmis, kompos..)