As daar bepaal moet word wat die hart van`n mooi tuin is dan sal die fontein loshande met die loure wegstap. Geen tuin is volmaak sonder `n fontein nie. Dit gee lewe aan `n tuin, beweging, `n gevoel van varsheid en rustigheid wat deur niks anders geewenaar word nie. `n Fontein is nie `n nagmerrie om te onderhou nie. Die meeste mense dink net aan water wat gaan groen word en kinders wat daarin gaan val. Beide hierdie probleme is oorkombaar. `n Troeteldier gee baie meer probleme en minder saligheid as `n fontein. Ons probeer telkens `n ander fontein bou vir elke tuin maar sommige kliënte wil graag `n sekere gewilde vorm hê, dan herhaal ons `n vorige vorm... maar met `n titseltjie andersheid.
