Tuinbeligting rek die plesier wat u aan die tuin kan hê om ook in die nag voort te duur.
Deur `n lig goed te plaas kan `n boom, fokuspunt, deurgang, fontein of interessante plant saans vanuit die huis geniet word as agtergrond. Daar is verskillende slim maniere om die lig te plaas wat die effek telkens anders maak. Deur bv. die voorwerp van voor te verlig is die hele voorwerp mooi sigbaar maar deur die lig daaragter te plaas is `n silhoeët soos skadu`s teen die muur jou uitsig. Al ooit gesien hoe mooi `n Aalwyn se silhoeët lyk?
Doen tuinbeligting subtiel vir die beste resultate. Oorweldigende beligting sit die pot mis. Ons beligting word deur Gerrie van Deventer & sy span geinstalleer
