Water is `n groeiende probleem in die Weskaap, daarom kies ons plante met `n lae waterbehoefte in die meeste gevalle. Klein skadutuine en -binnehowe met fonteine kan wegkom met gulsiger plante aangesien dit `n mikroklimaat van hul eie vorm. Ons groepeer plante met dieselfde waterbehoeftes saam en besproeiing word ook geinstalleer/gestel om elke plantsoort volgens sy behoeftes nat te maak, dus nie onnodig te veel water te gee nie. Baie plante vaar op hul beste wanneer hul `n bietjie aan die droë kant is.