Ons ontwerpe sluit dikwels skadustrukture van hout/metaal in. de Smit Eksklusiewe Strukture maak dit vir ons van hout of metaal en Lewellyn Williams pergolas van hout. Skadu is noodsaaklik om die Weskaapse somers draagliker te maak. `n Pergola oor `n stoep, langs die huis waar die middagson fel inskyn of oor `n patio in die tuin is `n gesellige element wat met geen ander kompeteer nie. Geen dak kan die sjarme van `n klimplant (wat die son in die somer uithou en gedurende die winter inlaat) oortref nie!
